NG Gemeente Patmos

Welkom by Patmos se webwerf.

WIE IS ONS

Patmos gemeente vier hierdie jaar (2012) sy halfeeufees.  Ons is dankbaar oor die besondere pad waarmee die Here ons tot hiertoe gelei het – deur hoogtepunte en deur laagtepunte heen.  Ons weet dat as die Here die huis nie bou nie, swoeg diè wat daaraan bou tevergeefs.  Ons beleef die herstel en opbou wat die Verlosser vir ons bewerk het.

Ons verstaan ons roeping om in die gemeenskap rondom ons en in die breër wêreld ‘n positiewe verskil te maak deur die lig van die Here te laat skyn.

Ons is opgewonde oor die toekoms saam met die Koning van die kerk.

Jy is baie welkom om saam met ons te kom aanbid en die Here te dien en te loof.

WAAR IS ONS?

Ons by Kaapweg 79, reg oorkant die Provinsiale Hospitaal.  Die ingang is aan Buckinghamweg se kant.

Klik hier vir rigtingaanwysers

Kontakbesonderhede:

Posadres:         Posbus 27098, Greenacres, 6057

SKRIBA        Johanna le Grange

tel (en faks): 041 373 4419

e-pos adres:     patmos@intekom.co.za

Kantoor-ure:    08:00 – 15:00

Leraar          Armand Crous

tel:                   041 373 4160 / 082 659 2616

e-pos:               ajcrous@telkomsa.net

 

Toerusting: getuienis

Last modified on 2012-03-03 16:31:43 GMT. 0 comments. Top.

As iemand jou vra om om hom/haar na die Here te lei, of wat hy/sy moet doen om ‘n kind van die Here te wees, sal jy weet wat om te doen/antwoord?  ‘n Bondige toerustingsgeleentheid is Saterdagoggend  3 Maart 2012 in die gemeentelokaal aangebied.  Die toerusting sal op ‘n gereelde basis aangebied word.

Die gevaar is dat ons met ywer op mense afstorm met die evangelie, maar nooit behoorlik na hulle luister sodat die evangelie in hulle spesifieke situasies kan inspreek nie.  Dalk sit jy self met allerhande vrese oor hoekom jy nie jou geloof kan of hoef te deel met ander nie.  En intussen het die Here vir ons die Heilige Gees gegee om getuies vir Hom te wees – deur ons dade en ons woorde.

As jy belangstel om dit by te woon (dit duur van 8:30 – 12:30) en vir navrae kan julle met Armand kontak maak (0826592616 of ajcrous@telkomsa.net).

Print Friendly

Comments (7)

  • alwyn

    |

    ‘n Mooi sinvolle blad. Veels geluk Armand

    Reply

  • armand

    |

    Dankie, webmeester, vir al jou leiding en geduld.

    Reply

  • Almarie

    |

    Baie dankie vir julle harde werk Armand en Alwyn! Dit lyk sommer baie goed en proffesioneel!!

    Reply

    • armand

      |

      Dankie Almarie. Ons hoop dat dit ‘n goeie kuier werf sal word – hierdie webwerf van ons.

      Reply

  • armand

    |

    Sondagoggend, 15 April 2012 preek Ds Dirkie van der Spuy van Moreltta Park gemeente by Patmos. (9:30). Almal welkom

    Reply

  • armand

    |

    Sondag 29 April 2012 preek ds Madre Fourie by beide eredienste.

    Reply

  • armand

    |

    Die Hemelvaartdiens vind Donderdag (17 Mei) om 18:30 plaas

    Reply

Leave a comment

No tweets found.