
NG Gemeente Patmos
WIE IS ONS
Patmos gemeente vier hierdie jaar (2012) sy halfeeufees. Ons is dankbaar oor die besondere pad waarmee die Here ons tot hiertoe gelei het – deur hoogtepunte en deur laagtepunte heen. Ons weet dat as die Here die huis nie bou nie, swoeg diè wat daaraan bou tevergeefs. Ons beleef die herstel en opbou wat die Verlosser vir ons bewerk het.
Ons verstaan ons roeping om in die gemeenskap rondom ons en in die breër wêreld ‘n positiewe verskil te maak deur die lig van die Here te laat skyn.
Ons is opgewonde oor die toekoms saam met die Koning van die kerk.
Jy is baie welkom om saam met ons te kom aanbid en die Here te loof.




Comments (5)
admin
| #
Hierdie webtuiste is in aanbou. Kom kyk 16 Februarie 2012 na die vordering wat gemaak is.
Reply
alwyn
| #
Ek kan sien daar is vordering..Veels geluk.
Reply
Willem Nel
| #
Baie geluk – dit lyk “wow” !!! Ons bid vir almal wat help met ons nuwe webwerf
Reply
alwyn
| #
Het die indruk dat daar deur die nag gewerk word om die blad gereed te kry.. Fotos by rubrieke mooi maar maak blad se opening stadig.
Baie geluk met die nuwe voorkoms…dat jy na 50 jaar weer so springlewendig kan lyk!!!
Reply
Armand
| #
Stadig maar seker… Ons hoop om hierdie week alles op die webtuiste te finaliseer. Lewer gerus kommentaar – ons sal graag wil hoor wat julle mening is en waar ons kan verander/verbeter. Watter inligting wil julle graag op die webwerf hê?
Reply