NG GEMEENTE PATMOS

Tot eer van die Drie-enige God en tot diens aan die gemeenskap en mekaar

  • Full Screen
  • Wide Screen
  • Narrow Screen
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

WELKOM BY PATMOS

Welkom

Baie welkom by Patmos se webwerf. Hier kan jy so 'n kykie in die lewe van ons gemeente kry. 
Eredienstye: 29 Januarie 2012 - 09:00  (doop) Armand Crous
                                                  18:30  Armand Crous
(Nuwe preke waarna jy kan luister word nou weer gereeld op die webwerf gelaai.  Klik op "Erediens" en dan op "Preke Audio")

Waar is ons?

kerkgebouOns kerkgebou is in Kaapweg 79, regoor die Provinsiale Hospitaal.  As jy wil kom besoek, klik hier vir 'n padkaart.

Posadres:  Posbus 27098, Green Acres, Port Elizabeth, 6057.


GEDAGTE VIR DIE WEEK

Omdat die lewe 'n gawe van God is, het die lewe sin.  'n Mens hoef nie sin aan die lewe te probeer gee nie.  Jy moet dit net ontdek. (Ferdinand Deist)
Jy leef net een keer, maar as jy dit reg doen, is een keer genoeg. (Anoniem)

Here, U is my lewe.  U sorg vir my.  Wat ek ontvang, kom alles van U af.  U leer my hoe om te lewe. (Ps 16:5, 11)

Datums om te onthou

Toelating tot belydenis van geloof:  10 Feb 2012
Kerkraadsvergadering:  13 Feb 2012
Belydenisaflegging van geloof: 19 Feb 2012

Getuienis tee

Dankie vir almal wat die Getuienistee so 'n kosbare belewenis gemaak het.

dscn1799      Vir meer fotos klik op "lees meer"      

Kersfees en Epifanie

Omdat meeste gemeentes voor Kersdag reeds "Kerstyd" vier (met o.a. kerssangdienste) en winkels mense aanmoedig om voor Kersdag hulle "kersaankope" te doen, meen die meeste mense Kersfeestyd word “afgesluit” op 25 Desember.

Kerstyd is in werklikheid die tyd tussen Kersdag en Epifanie. As ons begin tel by 25 Desember tot en met 5 Januarie met Epifanie op 6 Januarie, dan kom ons by die getal twaalf uit, die sogenaamde "twaalf dae" van Kersfees. Gedurende hierdie twaalf dae (een van hierdie dae is natuurlik nuwejaarsdag), behoort ons eintlik "Kersfees" te vier. Die kleure gedurende Kersfees is tradisioneel wit en goud, wat op viering en vreugde dui.

Epifanie beteken "Godsverskyning" en verwys na die verskyning van God in menslike vorm op aarde. In baie Christelike tradisies is hierdie dag die groot hoogtepunt van die viering van Christus se koms na die aarde en word die gebruiklike geskenke ook op hierdie dag, en nie op 25 Desember nie, uitgedeel.

Tematies word Epifanie ten nouste met veral die doop van Jesus verbind, asook met die bruilof in Kana. In die geheel word daar in die tyd na Epifanie (tot die begin van Lydenstyd) gekonsentreer op Jesus se lewe hier op aarde, totdat Hy na sy verheerliking op die berg die lydenspad begin stap het. Die ster van Betlehem as simbool van lig en hoop is die sterkste visuele simbool van hierdie tyd. Die dominante kleur van Epifanie is groen.

Belhar-Belydenis

Prof Dirkie Smit het op 31 Oktober 2011 'n voordrag by die Universiteit van die Vrystaat oor die Belydenis van Belhar gelewer. Hy het onder andere verwys na die rol wat dit steeds vandag speel. By die konferensie het proff Piet Naude en Piet Strauss insette gelewer oor kwessies rondom versoening en geregtigheid. Die gesprek oor Belhar neem weer in intensiteit toe na die onlangse besluit die van die NG Kerk se Algemene Sinode om die Belydenis van Belhar as vierde belydenis aan te beveel.. Vir Prof Dirkie gaan die Belhar Belydenis agter oor baie meer as blote aanvaarding: alle kerke word opnuut uitgedaag om die inhoud beliggaam.

Klik hier vir die artikel.

Nuwe webtuiste moedig gesprek oor Belhar aan

Ten spyte van baie sterk opinies oor die Belydenis van Belhar, is daar baie lidmate wat nie werklik die inhoud ken nie.  Daar is nou 'n webblad waar belangstellendes 'n een-stop-katalogus van materiaal oor die Belhar-Belydenis kan kry.  Besoek gerus www.belydenisvanbelhar.co.za

In ligte trant

SmileBring jou roosterSmile
 
Die skooljaar is weer in volle swang en dis Bennie se tweede dag op skool.
Tot sy ma se verbasing is hy 10 uur die oggend al terug by die huis.
Waarom is jy nou al terug?' vra sy ma.
'Die meneer en juffrou het gaan braai' vertel Bennie.
'Gaan braai, op 'n skool oggend wanneer hulle moet werk? Hoe weet jy dit?' vra sy ma.
'Meneer het vir juffrou oor die interkom geroep en gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huistoe want ek weet hoe lank vat 'n braai!'
You are here: Tuisblad